Tuisblad     Kaarte     Galery     Artikels     Web Skakels     Kontak
 
Navigasie
Tuisblad
4x4 Roetes
Staproetes
Natuurlewe
Natuur-aktiwiteite
Akkommodasie
Kaarte
Galery
Artikels
Web Skakels
Kontak
 
4x4 Roetes
 
Staproetes
 
Flora
 
Fauna
 
Welkom by Minwater Eco Avonture

Minwater is 'n privaat natuurreservaat en is geleë 24km suidwes van Oudtshoorn in die voorberge van Gamkaberg, 'n geïsoleerde bergreeks tussen die Swart- en Outenikwabergreekse in die Klein-Karoo - 'n malariavrye gebied. Vanaf die hoërliggende dele is die uitsig oor die Oostelike Klein-Karoo en omliggende bergreekse asemrowend. Minwater is aangrensend aan die Gamkaberg Natuurreservaat.

'n Besoek aan ons sal sorg vir 'n ware natuur-avontuur; vir almal, van hulle wat net die wonder van die skepping wil ervaar tot die adrenalienverslaafdes.


U Gasheer
Louis Jordaan

Soos duidelik blyk uit die volgende opmerkings het die eienaar van Minwater, Louis Jordaan, 'n uitgebreide kennis van sy veld in die algemeen en die plante van Minwater in die besonder en deel hy sy kennis en Minwater se rykdom graag met besoekers:

"Dit was 'n fees om Louis as gids saam te hê en veral sy kennis van die vetplante was 'n ryke ervaring." (Corrie Laubscher van die Suid-Kaapse Hak-tot-Toon-Voetslaanklub in Die Burger van 2 September 2003)

"...dat almal hulle verluister het aan Louis se kennis van die veld. Op sy hurke is hy op sy gelukkigste wanneer hy jou vertel van waar die kleinste vetplantjie tot bome in die natuur inpas. In so 'n groot klaskamer, met so 'n kundige dosent, wens jy die tyd moet stilstaan..."
(Danie Snyman, gasheer van Incopho-4x4-klub in Die Burger van 25 Januarie 2005)

"And believe me, if you thought for a second that the succulent karoo was boring, then this is the tonic you need. This man brings the veld to life; in fact this is, without doubt, the best interpretive floral tour that I came across in all my travels for this book." and "Louis is an absolute fundi with a contagious passion for the Karoo." Fiona McIntosh in Southbound Guide to South Africa's World Heritage Sites: Cape Floral Region Protected Areas

"...our host's enthusiasm and boundless knowledge of the little things that grow on the ground certainly will astound you." and "Allow him to share his passion... for Minwater's floral kingdom. It's a treat as well as a humbling experience."
(Ken Gerhardt in South African 4x4 Magazine van Julie 2003)

Kopiereg ©2005 - 2007 Minwater Eco Avonture
Webtuiste Ontwikkelling en Instandhouding: Fresh Lemon Media