Hoewel in enige voertuigpad gestap mag word, is daar ander roetes net vir stappers. Die afstande van die roetes wissel van 1km tot ongeveer 20km en die moeilikheidsgraad is maklik tot matig. 'n Roetekaart vir stappers is beskikbaar.
Soos wat ervare stappers weet, ervaar 'n mens baie meer as jy te voet in die veld is. Op Minwater is dit veral van toepassing - behalwe vir asemrowende uitsigte en dramatiese wisselings in plantegroeitipes, is hier 'n menigte sg. klein dingetjies wat natuurliefhebbers sal betower.
Om van 'n voetslaanuitstappie 'n onvergeetlike ervaring te maak, vra u gasheer om u te vergesel, al is dit net op 'n deel van die tog.
|