Die akkommodasiegeriewe bestaan o.m. uit drie boskampe met lopende water en volop skadu. Toilette en warm storte is beskikbaar en vuurmaakhout word verskaf. Die kampplekke is geskik vir kampeerders van alle ouderdomme - van speenoud tot stokoud.
Die boskampe is so toeganklik dat 'n viertrekvoertuig nie benodig word om die rustigheid en vrede wat hierdie veilige en afgesonderde uitspanplekke bied, te kan geniet nie.
Langs die Moerasrivier is nog 'n kampeerterrein wat ook toeganklik is vir karavane. Een van die lapas is gedeeltelik onder dak. Op die terrein is daar 'n ou meulhuis wat onderdakskuiling bied ingeval van onplesierige weer. Die terrein is ook geskik vir kleiner konferensies en funksies.
|